Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.” “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is. “Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel. Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.”
Lees MATTEUS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 5:12-20
4 Days
Suffering is a fundamental part of the Christian faith (2 Timothy 3:12), and your godly response to it grows through encountering God and meditating on His Word. The following verses, when memorized, can encourage you toward a godly response to suffering.
5 Days
What truly matters is loving God and loving others, but how do we do that effectively? The truth is, we can’t love people well in our own power. But when we look to God and lay ourselves down in humility, we can live from God’s authentic and powerful love. Learn more about growing in love in this 5-day Bible Plan from Pastor Amy Groeschel.
6 Days
He’s with you through the pain. He comforts you in the waiting. When you’re anxious about your future, He gives you courage. As you climb the mountain, He keeps you safe in His arms. In every moment, you are not alone. Start this Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s series, God With Us .
If Jesus were on board with every idea His followers have staked His claim in, then He’d be one incredibly confused Son of God, always at odds with Himself and overly busy leading the charge for both sides of every debate. Thankfully, Jesus speaks for Himself. You can read His words in this new Life.Church Bible Plan to accompany Pastor Craig Groeschel’s message series, Things Jesus Never Said.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's