Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.” Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe: “'n Mens leef nie net van brood nie maar van elke woord wat uit die mond van God kom. ” Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee “en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie. ” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie. ” Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe: “Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien. ” Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg. Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali. So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is: “Jy, gebied van Sebulon en gebied van Naftali, aan die seekant en oorkant die Jordaan, Galilea waar die heidene woon! Die volk wat in duisternis woon, het 'n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.” Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg. Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep, en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.
Lees MATTEUS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 4:1-22
4 Days
Temptations are all around us. Deceptions come to us in the subtlest ways. How can we overcome them? What are the tools the Bible gives us to guard against the evil one? In this four-day devotional we look at the three temptations of Jesus Christ, how He victoriously overcame them and how we can apply some of His principles in our lives.
Did you know that God created you in His image? And that you have a unique purpose in God’s Kingdom. In this reading plan, we will consider how your unique personality impacts your quiet time with God, how your quiet time with Jesus is a gift to you and your community, and how as a community of Christ followers, we need each other in order to become more like Jesus.
5 Days
Do you ever feel like you have little control over the thoughts in your head? Most of us struggle with negativity, worry, and other toxic thoughts. In this 5-day Bible Plan, we’ll learn how to overhaul toxic thoughts, reset our minds, and focus our thinking on Christ.
If we choose to follow Christ, we’re engaged in spiritual warfare. It’s unseen and often undetected, but just because we can’t see it doesn’t mean it’s nonexistent. Our spiritual enemy desires to disrupt our lives so we’ll live miserably. In this 5-day Plan, learn how to find victory by relying on God’s strength because it’s available. We just have to begin using it.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's