Op die eerste dag van die fees van die ongesuurde brood kom die dissipels na Jesus toe en vra: “Waar wil U hê moet ons gaan regmaak vir U om die paasmaaltyd te eet?” Jesus het geantwoord: “Gaan in die stad na so en so toe en sê vir hom: ‘Ons Leermeester sê: My tyd is naby. In jou huis wil Ek saam met my dissipels die paasmaaltyd hou.’ ” Die dissipels het gemaak soos Jesus aan hulle opgedra het, en die paasmaaltyd voorberei. Toe dit aand geword het, het Jesus sy plek aan die tafel ingeneem saam met die twaalf. Terwyl hulle eet, sê Hy: “Dit verseker Ek julle: Een van julle sal My verraai.” Hulle was baie onthuts en een na die ander het Hom begin vra: “Dit is tog nie ek nie, Here?” Hy antwoord toe: “Die een wat saam met My sy brood in die skottel insteek, dit is hy wat My sal verraai. Die Seun van die mens gaan inderdaad sterwe soos daar oor Hom geskrywe staan; maar wee die man deur wie die Seun van die mens verraai word. Dit sou vir daardie man beter gewees het as hy nooit gebore was nie.” Toe sê Judas, sy verraaier: “Is dit miskien ek, Rabbi?” Jesus antwoord: “Dit is soos jy sê!” En terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir sy dissipels gegee met die woorde: “Neem, eet; dit is my liggaam.” Toe neem Hy 'n beker, en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle en sê: “Drink almal daaruit, want dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie vergiet word tot vergewing van sondes. Ek sê vir julle: Van nou af sal Ek nie weer van hierdie wyn drink nie tot op die dag wanneer Ek saam met julle die nuwe wyn in die koninkryk van my Vader sal drink.” Nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan Olyfberg toe.
Lees MATTEUS 26
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 26:17-30
7 dae
In hierdie leesplan ondersoek ons die eerste van drie heilige samekomste of feeste wat die Israeliete elke kalenderjaar ter ere van die Here moes onderhou.
8 Days
The final week in the life of Jesus was no ordinary week. It was a time of bittersweet goodbyes, lavish giving, cruel betrayals and prayers that shook heaven. Experience this week, from Palm Sunday to the miraculous Resurrection, as we read through the Biblical account together. We will cheer with the crowds on Jerusalem’s streets, shout in anger at Judas and the Roman soldiers, cry with the women at the Cross, and celebrate as Easter morning dawns!
8 dae
Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die gebeure van Jesus se sterwe tot sy opstanding. Berei jou hart voor vir Paasfees soos wat ons DIE LEWE bekyk wat alle lewens verander het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's