MATTEUS 23:16-22

MATTEUS 23:16-22 AFR83

“Ellende wag vir julle, julle wat ander wil lei en self blind is. Julle sê: ‘As iemand by die tempel 'n eed aflê, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die goud van die tempel 'n eed aflê, moet hy die eed nakom.’ Blinde dwase! Wat is belangriker: die goud of die tempel waardeur die goud geheilig word? Julle sê ook: ‘As iemand by die altaar 'n eed aflê, is hy nie aan sy eed gebind nie, maar as hy by die offergawe bo-op die altaar 'n eed aflê, moet hy die eed nakom.’ Julle blindes! Wat is belangriker: die offergawe of die altaar waardeur die offergawe geheilig word? Wie by die altaar 'n eed aflê, lê 'n eed af by die altaar en by alles wat daarop is. Wie by die tempel 'n eed aflê, lê 'n eed af by die tempel en by God wat daarin woon. En wie by die hemel 'n eed aflê, lê 'n eed af by die troon van God en by God wat daarop sit.