Toe het Jesus die menigte en sy dissipels toegespreek en gesê: “Die skrifgeleerdes en die Fariseërs het die gesag om die wet van Moses te vertolk. Julle moet alles doen en onderhou wat hulle vir julle sê, maar hulle voorbeeld moet julle nie navolg nie, want hulle doen self nie wat hulle sê nie. Hulle bind swaar en ondraaglike laste saam en sit dit op die mense se skouers, maar self wil hulle nie 'n vinger verroer om dit te dra nie. Alles wat hulle doen, doen hulle net om deur mense gesien te word. Hulle maak die gebedsband om hulle voorkop breed, en die tossels aan hulle klere groot. Hulle hou van die ereplekke by die feesmaaltye, en van die voorste plekke in die sinagoges en om op straat deur die mense begroet en as ‘rabbi’ aangespreek te word. “Maar julle moet julle nie ‘rabbi’ laat noem nie; net Een is julle Leermeester en julle is almal broers. Moet niemand hier op aarde as ‘vader’ aanspreek nie, want Een is julle Vader: die Vader in die hemel. Julle moet julle nie ‘leiers’ laat noem nie, want Een is julle Leier: die Christus. “Maar die grootste onder julle moet bereid wees om die ander te dien. Wie hoogmoedig is, sal verneder word, en wie nederig is, sal verhoog word.”
Lees MATTEUS 23
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 23:1-12
5 Days
If we want to share Jesus with others, we’ve got to live like Him, love like Him, and listen like Him. In this 5-day Plan, we’ll take a closer look at the life of Jesus to discover how we should live our lives.
6 Days
Feeling like your life is stuck on autopilot? It’s time to recenter on the things that matter most. In this 6-day Bible Plan accompanying Pastor Craig Groeschel’s message series, True Virtue, we’ll discover how to move beyond empty virtue signaling into real living that honors God and inspires others.
15 Days
We want to encourage you into a thoughtful, daily, heart-to-heart relationship with God. Millions of readers around the world have turned to the daily devotional, Our Daily Bread for moments of quiet reflection. In just a few minutes each day, the inspiring, life-changing stories point you toward your heavenly Father and the wisdom and promises of His unchanging Word.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's