Jesus is in Betlehem in Judea gebore tydens die regering van koning Herodes. Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld. Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word. Hulle het hom geantwoord: “In Betlehem in Judea, want so is dit deur 'n profeet geskrywe: “En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees. ” Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het. Hy het hulle na Betlehem toe gestuur met die woorde: “Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom kry, laat my weet, sodat ek ook aan Hom hulde kan gaan bewys.” Nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek; en kyk, die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei totdat dit gaan staan het bo die plek waar die Kindjie was. Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys. Daarna het hulle hulle reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal: goud, wierook en mirre. En omdat God hulle in 'n droom gewaarsku het om nie na Herodes toe terug te gaan nie, het hulle met 'n ander pad na hulle land toe teruggegaan. Nadat hulle vertrek het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.” Josef het toe opgestaan en in die nag die Kindjie en sy moeder geneem en na Egipte toe vertrek en daar gebly tot die dood van Herodes. So is vervul wat die Here deur 'n profeet gesê het: “Uit Egipte het Ek my Seun geroep.” Toe Herodes agterkom dat die sterrekykers hom in die steek gelaat het, het hy woedend geword. Hy stuur toe soldate en laat in Betlehem en die hele omgewing al die seuntjies van twee jaar en jonger doodmaak, ooreenkomstig die tyd wat hy noukeurig by die sterrekykers uitgevra het. Toe is die woord vervul wat die Here deur die profeet Jeremia gesê het
Lees MATTEUS 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 2:1-17
3 Days
Reflections on the events of Good Friday told by characters from the nativity stories. An imaginative exploration of the wonder of the nativity and the sacrifice of the crucifixion.
4 Days
Christmas is a time to celebrate the greatest gift of all, Jesus. Looking at the story of Christ's anticipated arrival at Christmas reminds us that Jesus came to be the fulfillment of God's promises and faithfulness. All our hopes and prayers are answered in the presence of Jesus, Emmanuel, God with us.
5 Days
The Christmas story is so familiar to those young and old. The manger scenes, shepherds, and wise men are all a part of a narrative that has been retold for over two thousand years. It’s easy to think it has nothing new to teach us. Yet, the word of God is living and active - it works in us in new ways every time we digest it. -Vertical Worship
5 dae
Die gedagtes in hierdie Advent-leesplan sal lesers help om hierdie Kersfees nader aan God te kom. As jy dink aan die wonderbaarlike geboorte van Christus en die voorreg om Hom te ken, sal jou lewe, liefde, hoop en vreugde hernu word. Elke dag bevat ’n Bybelvers, gedagte vir die dag en ’n gebed. Die inhoud van hierdie leesplan is gebaseer op Nina Smit se boek “Leef in sy lig”.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's