Jesus het daarvandaan verder gegaan en in hulle sinagoge gekom. Daar was juis 'n man met 'n gebreklike hand. Hulle vra Hom toe: “Mag 'n mens iemand op die sabbatdag gesond maak?” Hulle bedoeling daarmee was om 'n klag teen Hom te kry. Hy sê toe vir hulle: “Wie van julle sal nie die een skaap wat hy het en wat op 'n sabbatdag in 'n sloot val, dadelik uithaal nie? Hoeveel is 'n mens nie meer werd as 'n skaap nie? Dan mag 'n mens mos op die sabbatdag goed doen.” Toe sê Hy vir die man: “Steek jou hand uit.” Hy het dit gedoen, en sy hand was reg soos die ander een. Die Fariseërs het toe uitgegaan en planne beraam om Jesus om die lewe te bring. Toe Jesus dit hoor, het Hy daarvandaan weggegaan. Baie mense het saam met Hom gegaan, en Hy het hulle almal gesond gemaak, maar hulle belet om in die openbaar oor Hom te praat. So is vervul wat die Here deur die profeet Jesaja gesê het: “Hier is my Dienaar wat Ek aangestel het, my Geliefde oor wie Ek My verheug; Ek sal my Gees op Hom laat kom, en Hy sal die wil van God aan die nasies bekend maak. Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. 'n Riet wat geknak is, sal Hy nie afbreek nie en 'n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier. En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.”
Lees MATTEUS 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 12:9-21
3 days
“Our hearts are restless till they find their rest in Thee.” Never before have so many of us felt the restlessness Augustine described with this famous sentence. But what is the solution to our lack of true rest? As this three day plan will show, the solution partially lies in viewing the ancient practice of Sabbath through a different lens—through the lens of “Thee”—Jesus—our ultimate source of peace.
4 Days
Most of us are overworked and utterly exhausted, so the concept of Sabbath could not be more important. To honor the Sabbath means to “keep it holy,” and holy simply means “set apart.” Our Sabbath should look different than the other six days of our week. In this Plan, we’ll discuss what it is, what it isn’t, how it looks today, and finding our true rest in Jesus.
7 Days
What if we don’t have to wait until we’re at our breaking point to address what’s broken in our lives? Just as we invest in cleaning our homes, it’s time to invite the Holy Spirit to deep clean our hearts. In this 7-day Bible Plan, we’ll discover how to let go of the emotional baggage that holds us back and weighs us down.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's