LUKAS 22:66-70

LUKAS 22:66-70 AFR83

Toe dit dag word, het die Raad van die volk – die priesterhoofde en die skrifgeleerdes – vergader en Jesus voor hulle laat bring. Hulle sê toe: “As jy die Christus is, sê dit vir ons.” Maar Hy antwoord hulle: “Al sou Ek dit vir julle sê, sal julle tog nie glo nie; en al sou Ek vir julle 'n vraag stel, sal julle ook nie antwoord nie. Maar van nou af sal die Seun van die mens aan die regterhand van die almagtige God sit.” Toe vra hulle almal: “Dan is jy die Seun van God?” Hy sê vir hulle: “Dit is soos julle sê: Ek is!”

Gratis leesplanne en oordenkings oor LUKAS 22:66-70

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid