Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê: “Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. 'n Sterk Verlosser het Hy vir ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid. So het die Here dit reeds van oudsher belowe deur die mond van sy heilige profete: om ons te verlos van ons vyande en uit die hand van al ons haters; om Hom te ontferm oor ons voorvaders en sy heilige verbond te onthou. Met 'n eed het Hy dit bevestig aan ons voorvader Abraham dat Hy sou gee dat ons, gered uit die hand van vyande, Hom onbevrees kan dien in vroomheid en opregtheid al die dae van ons lewe. “En jy, kindjie, 'n profeet van die Allerhoogste sal jy genoem word, want jy sal voor die Here uit gaan om sy pad gereed te maak, om kennis van verlossing aan sy volk mee te deel: verlossing deur vergifnis van hulle sondes, danksy die genadige ontferming van ons God. Soos die môreson sal Hy opgaan en uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in duisternis en in die skaduwee van die dood lewe, om ons voetstappe te rig op die pad van vrede.”
Lees LUKAS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 1:67-79
5 Days
We’re filled with anticipation as we lean into this season of celebration with the intention of tuning into the heart of God. Join us for 4 weeks as we: Behold Beauty, Break Barriers, Make Room, and are Surprised by God. Like all the best stuff in life, this journey is best taken with others—so grab a friend or two and your sense of wonder and roll into the Advent Season.
7 Days
Christmas is supposed to be a season of joy –– but what exactly is joy and how do you choose it when the world is filled with hurt and hardship? Discover what “joy to the world” really means by immersing yourself in the Christmas story with this special, 7-day Christmas Plan.
7 dae
Jesus het dit duidelik gestel: As jy sy dissipel wil wees, moet jy jouself verloën, jou kruis opneem en Hom volg. As jy Jesus wil volg, moet jy weet wie dit is wat jy volg, wat sy aard is, wat Hy geglo het en hoe Hy in hierdie gebroke wêreld geleef het. Om Jesus te ken, is die begin van ’n avontuur; dit is die doel van hierdie studie.
24 Days
The birth of Christ, His advent, marks God's ultimate plan for our redemption. In Christ, we see the fullest picture of God's hope, peace, joy and love. God's Word is the truth by which we know and walk with Him daily. It is our hope that this guide will encourage and facilitate personal time spent in the Word and provide a resource for families with children to do that together.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's