KLAAGLIEDERE 3:19-24

KLAAGLIEDERE 3:19-24 AFR83

Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas. Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot. Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom.

Gratis leesplanne en oordenkings oor KLAAGLIEDERE 3:19-24