Jona het gesê: “In my nood het ek tot die Here geroep, en Hy het my gebed verhoor. Diep in die doderyk het ek hulp gevra, en U, Here, het my gehoor. U het my die diepte ingegooi, diep in die see, en die watermassa het my omring. U het golf na golf oor my laat gaan. Ek het gedink ek het uit u gesig verdwyn, maar tog sal ek weer u heilige tempel aanskou. Die waters het my toegevou, die groot water het my omring, seegras was om my kop gedraai. Ek het afgesak tot by die fondamente van die berge, die aarde het my vir altyd toegesluit. Maar U, Here my God, het my van die dood gered. Toe ek wou vergaan, het ek aan die Here gedink, en my gebed het by U gekom, in u heilige tempel. Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon. Terwyl ek 'n loflied sing, wil ek aan U 'n offer bring; wat ek beloof het, sal ek doen. Hulp kom net van die Here af.”
Lees JONA 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: JONA 2:2-9
15 Dae
“God sal elkeen red wat hom tot hom wend,” het Jona aan sy vyande gepreek, maar toe kwaad geword vir God omdat hy hulle gered het. Reis daagliks deur Jona terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
21 Days
Are you—or is someone you love—suffering from the trauma of plans that have been washed away, relationships that have been uprooted, or security that has been devastated? Rather than being destroyed by this tempest, what if you allowed the disturbance to increase your capacity for rapid growth and fulfilling your destiny in God? After digging deeply into the Word of God, there is a triumphant way to be StormProof!
24 Days
A great way to build your prayer life is to learn from the prayers of others. This plan lets us listen in on prayers from Bible heroes in different situations and for different purposes, and is designed to accompany the message series Pray by Craig Groeschel. (You can watch it online at life.church) Don't pray alone; study this content together with your small group.
27 Dae
Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genade en barmhartigheid lees, en mag jy nooit vergeet dat niemand te sleg is om gered te word nie.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's