JOB 23:8-12

JOB 23:8-12 AFR83

Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie. Sou Hy in die noorde aan die werk wees, ek vind Hom nie daar nie, sou Hy na die suide toe draai, ek sien Hom nie. Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie. Sy bevel verontagsaam ek nie, ek heg meer waarde aan sy woorde as aan my eie begeertes.