Terwyl Jesus wegstap, sien Hy 'n man wat van sy geboorte af blind was. Sy dissipels vra Hom toe: “Rabbi, deur wie se sonde is dit dat hierdie man blind gebore is: sy eie of sy ouers s'n?” En Jesus antwoord: “Dit is nie deur sy eie sonde nie en ook nie deur sy ouers s'n nie, maar hy is blind sodat die werke wat God doen, in hom gesien sal kan word. So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie. Terwyl Ek in die wêreld is, is Ek die lig vir die wêreld.” Nadat Hy dit gesê het, spoeg Hy op die grond en maak met die spoeg 'n bietjie klei aan. Toe smeer Hy die klei aan die man se oë en sê vir hom: “Gaan was jou in die Siloambad.” Siloam beteken die een wat gestuur is. Hy het gegaan en hom gewas, en toe hy terugkom, kon hy sien. Sy bure en die ander mense wat hom voorheen as bedelaar geken het, sê toe: “Maar is dit dan nie die man wat gesit en bedel het nie?” Party van hulle het gesê: “Dit is hy!” Maar party het gesê: “Nee, hy lyk maar net soos daardie man.” “Dit is ek!” het hy self gesê. Hulle vra toe vir hom: “Maar hoe het jou oë dan reg gekom?” En hy antwoord: “Die man met die naam Jesus het 'n bietjie klei aangemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan na Siloam toe en was jou.’ Ek het gegaan en my gewas, en ek kon sien!” “Waar is hy nou?” vra hulle hom toe. “Ek weet nie,” was sy antwoord. Daarna het die mense die man wat eers blind was, na die Fariseërs toe gebring. Dit was op 'n sabbatdag dat Jesus die klei aangemaak en die man se oë genees het. Die Fariseërs het hom ook weer gevra hoe dit gekom het dat hy kan sien. Hy het hulle geantwoord: “Hy het klei op my oë gesit en ek het my gewas, en nou sien ek.” Party van die Fariseërs sê toe: “Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die sabbatdag nie.” Maar van die ander het gesê: “Hoe kan iemand wat 'n sondaar is, sulke wondertekens doen?” En daar was verdeeldheid onder hulle. Hulle sê toe weer vir die man wat blind was: “Wat sê jý van hom? Hy het mos jou oë genees.” “Hy is 'n profeet,” het hy geantwoord. Die Jode het nie geglo dat die man blind was en nou kon sien nie, totdat hulle sy ouers geroep en vir hulle gevra het: “Is dit julle seun van wie julle beweer dat hy blind gebore is? Hoe sien hy dan nou?” “Ons weet dat hy ons seun is en dat hy blind gebore is,” het sy ouers geantwoord. “Maar hoe hy nou sien, weet ons nie. En wie sy oë genees het, weet ons ook nie. Vra hom self. Hy is oud genoeg; hy kan vir homself praat.” Sy ouers het dit gesê omdat hulle bang was vir die Jode; want die Jode het toe al klaar met mekaar afgespreek dat iemand wat openlik verklaar dat Jesus die Christus is, uit die sinagoge geban sal word. Daarom het sy ouers gesê: “Hy is oud genoeg; vra hom self.”
Lees JOHANNES 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 9:1-23
5 Days
When we become followers of Jesus, we begin a lifelong journey of growth. A part of growing in our faith is learning how to share the good news about Jesus with other people. In this 5-day Plan, we’ll learn how to share the hope and peace we have in Christ—and how that could change someone's life!
6 Days
All of us need some type of healing in our lives. We might have a physical illness, emotional trauma, mental distress, or spiritual burden that we keep battling—even after years of praying it away. In this Plan, we’ll find hope and encouragement as we learn about a variety of ways that Jesus healed people.
A game changer totally reshapes the direction of a game. Jesus was a game changer for a lost world. And guess what? You can be a game changer for someone else by telling them what Jesus did for you. Evangelism is a big word with big responsibility, but it’s actually very simple. This Bible Plan will help preteens understand how to share the Gospel with gentleness and respect.
7 Days
Too many of us walk through life feeling as if we don't measure up. We always seem to thirst for more. We think if we could only work harder or be better, we could be enough. But the truth is, we will never be enough. And thankfully, we don't have to be. In Proven, Jennie Allen walks through the Book of John to demonstrate how only Jesus is enough.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's