“Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. “Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar.” Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: “Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?” Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon. Wie My nie liefhet nie, neem my woorde nie ter harte nie; en die woorde wat julle hoor, is nie Myne nie, maar die Vader s'n wat My gestuur het. “Dit sê Ek vir julle terwyl Ek nog by julle bly; en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het. “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie. Julle het gehoor dat Ek vir julle gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader toe gaan, omdat die Vader groter as Ek is. En nou sê Ek dit vir julle voordat dit gebeur, sodat julle kan glo wanneer dit gebeur. Ek sal nie meer lank met julle kan praat nie, want die owerste van die wêreld is aan die kom. Hy het geen mag oor My nie, maar die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. “Staan op, laat ons hiervandaan weggaan.”
Lees JOHANNES 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: JOHANNES 14:18-31
5 Days
Praying the Sign of the Cross traces its origins back to the very early Christians marking a cross on their foreheads. The practice has developed over time and is now a regular practice for over a billion people around the world. Through this Bible study we will explore the practice of the prayer and also the enormity of the mystery of the Trinity and the sacrifice of our ever-loving God.
The world’s peace is different from God’s peace. Worldly peace is temporary and dependent upon circumstances. God’s peace offers a permanent solution, which is salvation through Jesus and His presence in our lives. In this Plan, we’ll dive into what God’s peace truly means and how we can experience it in our lives.
5 dae
Vredevors is die eerste EP van ENFC Music, wat dien as die aanbiddingspan van Every Nation Faith City. Deur dié 5 dagstukke wil ons jou saamneem op 'n reis deur die EP, oor hoe God oor ons voel, dat ons waarlik vry en vergewe is en soveel meer! Maar bo alles, om onsself te herinner dat God ons Vredevors is!
Die Here wil hê dat sy gelowiges op geloofsvlerke moet sweef. Die Bybel is ons gids, die karakters daarin ons voorbeelde, en die Heilige Gees ons hulp vir die lewe in geloof. Die Bybel is vol getuienisse wat ‘n alternatiewe lewe van rebellie en ongehoorsaamheid gekies het, asook die wat ‘n lewe van oorgawe in geloof gekies het.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's