JEREMIA 23:5-8

JEREMIA 23:5-8 AFR83

Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat Ek vir Dawid 'n regverdige spruit sal laat opskiet, 'n koning wat verstandig sal regeer. Hy sal die reg eerbiedig en regverdig regeer in sy land. In sy tyd sal Juda gered word en sal Israel veilig woon. Sy naam sal wees: Die Here regeer regverdig oor ons. Daar kom 'n tyd, sê die Here, dat die mense nie meer sal sê: “So seker as die Here leef wat vir Israel uit Egipte laat trek het nie”, maar hulle sal sê: “So seker as die Here leef wat die nageslag van Israel met sorg teruggebring het uit die land in die noorde en uit al die lande waarheen Hy hulle verstrooi het.” Dan sal hulle weer in hulle eie land woon.