Gideon het die drie honderd man in drie groepe verdeel en aan elkeen 'n ramshoring en 'n leë erdekruik met 'n fakkel daarbinne gegee. Toe sê hy vir sy manne: “Let mooi op wat julle moet doen: as ek by die onderpunt van die kamp kom, moet julle doen wat ek doen. As ek en almal by my die ramshoring blaas, moet julle almal wat rondom die kamp is, dit ook doen en dan moet julle uitroep: Vir die Here en vir Gideon!” Gideon en die honderd man by hom het tot by die onderpunt van die kamp gegaan. Dit was in die nag, aan die begin van die middelste wagaflos, en die wagte was net klaar omgeruil. Toe blaas Gideon-hulle die ramshorings en breek die erdekruike. Al drie afdelings het dit gedoen: hulle het die fakkels in die linkerhand gehou en die ramshorings met die regterhand om dit te blaas. Toe roep hulle: “Die swaard van die Here en Gideon!” Hulle het rondom die kamp gestaan, elkeen op sy pos. Toe die drie honderd man die ramshoring blaas, het die hele kamp op die vlug geslaan, hulle het geskreeu en gehardloop, en toe het die Here dit bewerk dat hulle mekaar daar in die kamp doodmaak. Die kamp se mense het gevlug tot by Bet-Sitta na Sereda se kant toe, tot by die grens van Abel-Megola naby Tabbat. Die Israeliete uit Naftali, Aser en die hele Manasse is toe opgeroep om die Midianiete te agtervolg.
Lees RIGTERS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: RIGTERS 7:16-23
7 Days
Still haven't made up your mind about God? Not really sure what you believe? Spend the next seven days exploring the Bible and see what God reveals to you about his true nature. This is your opportunity to read the story for yourself and decide what you believe. The idea of God is too important for you to still be undecided.
7 dae
Ons bevind onsself lewenslank te midde van 'n stryd. Dit was ook so vir God se volk ten tye van die Ou Testament. Josua moes teen ‘n oormag veg om die stad Jerigo te oorwin. Israel is voortdurend onderdruk in die Rigterstyd. Rut was onseker hoe sy in die vreemde land, vêr van haar eie tuiste, sou oorleef. Ontdek self, deur dié studie, die sleutel tot oorwinning van daaglikse stryde!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's