Toe die stad se mense die volgende môre opstaan, was Baäl se altaar afgebreek en die gewyde paal daar langsaan afgekap en was die bul 'n brandoffer op die altaar wat gebou is. Hulle het vir mekaar gevra: “Wie het dit gedoen?” Hulle het oral navraag gedoen, en daar is gesê: “Dit is Gideon seun van Joas! Hy het dit gedoen!” Toe sê die stad se mense vir Joas: “Bring jou seun uit jou huis uit! Hy moet doodgemaak word, want hy het Baäl se altaar afgebreek en die gewyde paal daar langsaan afgekap.” Maar Joas het vir almal wat daar by hom gestaan het, gesê: “Wil julle Baäl se saak behartig? Wil julle hom red? Wie Baäl se saak behartig, moet vanmôre nog doodgemaak word. As hy 'n god is, kan hy sy eie saak behartig. Dis sý altaar wat afgebreek is.” Daardie dag het hulle vir Gideon genoem Jerubbaäl , “want,” het hulle gesê, “laat Baäl self sy saak teen Gideon behartig, want dis hý wat Baäl se altaar afgebreek het.”
Lees RIGTERS 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: RIGTERS 6:28-32
5 Days
Win the battle with yourself by declaring war on the version of yourself that you don't want to be. Discover the thoughts, words, behaviors, and power you need to achieve ongoing victory. It’s likely you are your own worst enemy. Learn to get out of your own way and discover the secret weapon to winning the war within.
7 dae
Ons bevind onsself lewenslank te midde van 'n stryd. Dit was ook so vir God se volk ten tye van die Ou Testament. Josua moes teen ‘n oormag veg om die stad Jerigo te oorwin. Israel is voortdurend onderdruk in die Rigterstyd. Rut was onseker hoe sy in die vreemde land, vêr van haar eie tuiste, sou oorleef. Ontdek self, deur dié studie, die sleutel tot oorwinning van daaglikse stryde!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's