In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg. Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.” Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het. Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.” Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.” Toe het ek die Here hoor vra: “Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?” Ek het geantwoord: “Hier is ek! Stuur my!” Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.” Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor, en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie.” Toe vra ek: “Tot wanneer, Here?” En Hy het geantwoord: “Totdat die stede verwoes en sonder inwoners is, totdat die huise verlate is en die land in 'n puinhoop omskep is, totdat Ek, die Here, die mense ver weggevoer het, en die land heeltemal verlate is. Selfs al is daar net 'n tiende oor, sal die land nog verder verwoes word.
Lees JESAJA 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 6:1-13
5 Days
Are you experiencing a wilderness season, finding no water or oasis for your soul? What if this season held the greatest hope of all: to know God’s Presence intimately, authentically, and passionately? This devotional encourages you that this time is not wasted, though some days you feel as if you are going nowhere. Because no matter what terrain you tread, God is journeying with you as Comforter, Life-giver, & Friend.
7 Days
God’s always good, but that doesn’t mean He’s always safe. This Life.Church Bible Plan dares readers to pray three bold prayers: search me, send me, and break me. Dare to start reading today, and your life will take a scary-good turn.
Are you tired of playing it safe with your faith? Are you ready to face your fears, build your faith, and unleash your potential? This 7-day Bible Plan from Life.Church Pastor Craig Groeschel’s book, Dangerous Prayers, dares you to pray dangerously—because following Jesus was never meant to be safe.
9 Dae
Deur die loop van die lewe ervaar almal van ons pyn, verwerping, onsekerheid, konflik en teleurstelling. Dit lei onvermydelik tot vrae oor die lewe en die doel van die lewe. Daar is ongelukkig nie voldoende antwoorde op alle vrae nie. God gee egter meer as voldoende antwoorde in die Skrif sodat ons sinvol en met vreugde kan lewe.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's