JESAJA 54:4-8

JESAJA 54:4-8 AFR83

Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie, moenie so verleë daar staan nie, jy sal nie weer verneder word nie. Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy 'n weduwee was nie. Hy wat jou gemaak het, is jou man, sy Naam is die Here die Almagtige. Die Heilige van Israel is jou Verlosser; Hy word die God van die hele wêreld genoem. Jy is 'n verstote en bitter bedroefde vrou, maar die Here roep jou terug, want hoe kan 'n man sy eie vrou vergeet? sê jou God. Net 'n oomblik het Ek jou verstoot, in my groot liefde vat Ek jou terug. In 'n opwelling van toorn wou Ek 'n kort tydjie niks met jou te doen hê nie, maar Ek ontferm My oor jou met 'n liefde wat nooit vergaan nie, sê die Here, jou Verlosser.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 54:4-8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid