Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie. Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word. Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom. Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie. Terwyl hy gely het en gestraf is, is hy weggeneem, en wie van sy mense het dit ter harte geneem dat hy afgesny is uit die land van die lewendes? Hy is gestraf oor die sonde van my volk. Hy het 'n graf gekry by goddeloses, hy was by sondaars in sy dood al het hy geen misdaad gepleeg nie en al was hy nooit vals nie. Dit was die wil van die Here om hom te verbrysel, om hom die pyn te laat ly. As hy sy lewe as skuldoffer gee, sal hy 'n nageslag hê en nog lank lewe, deur hom sal die wil van die Here sy doel bereik. Ná sy bitter lyding sal hy weer die lig sien en hy sal die Here ken. My dienaar, die regverdige, sal baie mense regverdig maak: hy sal die straf vir hulle sonde dra.
Lees JESAJA 53
Deel
Vergelyk alle weergawes: JESAJA 53:3-11
3 Days
Reflections on the events of Good Friday told by characters from the nativity stories. An imaginative exploration of the wonder of the nativity and the sacrifice of the crucifixion.
5 Days
These are unprecedented times for those of us who are alive on planet earth at this moment. Historically, we can find hope if we turn to the One who made it all and is Lord of all. What does the Bible say about why these things happen, what is God’s response to it, and what is my hope in life and death?
God is awakening His Church, and we need to see the big picture. When times get tough, we will be tempted to quit. It is not, however, time to quit. Join us as we learn how to read the times we are in, as well as gain strategies on how to stand and advance the Kingdom of God.
5 Dae
Yeshua kom terug! Die onvermydelike terugkeer van Yeshua is 'n waarheid wat ons binne die dieptes van ons wese moet koester. Dit is 'n idee wat deur ons siele weergalm, en weergalm in die kamers van ons gees. Die heilige tekste spoor ons aan om die verantwoordelikheid van gereedheid te dra, en herinner ons daaraan dat dit op ons rus om waaksaam te wees vir sy terugkoms. Wie in die Bybel het al vir Yeshua gewag? Wat doen ons totdat Hy terugkeer? Wat is ons verwagting? Sluit by ons aan op hierdie grootse avontuur!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's