JESAJA 52:7-10

JESAJA 52:7-10 AFR83

Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” Hoor, jou wagte roep hard, hulle jubel almal saam, want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom. Jubel en juig, puinhope van Jerusalem, want die Here het vir sy volk uitkoms gebring, Hy het Jerusalem verlos. Die Here het sy heiligheid, sy mag, geopenbaar voor die oë van al die nasies. Tot aan die uithoeke van die aarde sal hulle die redding sien wat ons God bewerk het.

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 52:7-10

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid