Die priesters wat van Levi afstam, het volgens die bepaling van die wet die reg om 'n tiende in te vorder van die volk, dit wil sê van hulle broers, wat net soos hulle ook afstammelinge van Abraham is. Maar Melgisedek, wat nie van Levitiese afstamming was nie, het van Abraham 'n tiende geneem en hom, aan wie God sy beloftes gegee het, geseën. Dit is onbetwisbaar dat dit altyd die mindere is wat deur die meerdere geseën word. In die geval van die Levitiese priesters is dit sterflike mense wat tiendes invorder, maar in die geval van Melgisedek iemand van wie getuig word dat hy lewe. 'n Mens kan sê dat ook Levi, wat tiendes invorder, deur Abraham aan Melgisedek die tiende gegee het, want Levi was nog in die liggaam van die stamvader toe Melgisedek vir Abraham tegemoet gegaan het.
Lees HEBREËRS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 7:5-10
6 Days
We start off Part Four of our Hebrews series with the third warning: Be careful not to fall away from Jesus. When we lose sight of Jesus and our relationship with Him, we can no longer access the greater life He gives and all that it brings. Jesus is the better Priest that gives us the better covenant. Without Him, we cannot live, walk and have access to God’s promises.
8 dae
Tot hiertoe het ons die tabernakel bestudeer in verhouding tot sy struktuur en meublement (huisraadstukke) met die beklemtoning van die waarheid dat God na die mens toe gekom het. In hierdie leesplan gaan ons die priesterskap bekyk met die klem op die mens se toetrede tot die teenwoordigheid van God.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's