Toe God aan Abraham die belofte gemaak het, het Hy niemand groter as Hyself gehad by wie Hy dit met 'n eed kon bevestig nie. Daarom het Hy dit met 'n eed by Homself bevestig en gesê: “Ek sal jou beslis ryklik seën en jou 'n baie groot nageslag gee.” En so het Abraham dan, nadat hy geduldig gewag het, gekry wat aan hom beloof is. Mense lê 'n eed af by iemand groter as hulleself. Vir hulle is dit die bevestiging van 'n saak, en dit sluit alle teëspraak uit. En omdat God aan die erfgename van die belofte bo alle twyfel wou verseker dat sy besluit onveranderlik is, het Hy dit met 'n eed gewaarborg. Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen, en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is. Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is. Daar het Jesus, ons Voorloper, ter wille van ons ingegaan, en Hy is vir ewig Hoëpriester volgens die orde van Melgisedek.
Lees HEBREËRS 6
Deel
Vergelyk alle weergawes: HEBREËRS 6:13-20
4 dae
Almal het hoop in die lewe nodig. Maar wat is hoop? En hoe gaan dit 'n verskil maak in my lewe as ek hoop het?
6 Days
We start off Part Four of our Hebrews series with the third warning: Be careful not to fall away from Jesus. When we lose sight of Jesus and our relationship with Him, we can no longer access the greater life He gives and all that it brings. Jesus is the better Priest that gives us the better covenant. Without Him, we cannot live, walk and have access to God’s promises.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's