HABAKUK 3:1-2

HABAKUK 3:1-2 AFR83

'n Gebed van die profeet Habakuk. Op die wysie van 'n klaaglied. Here, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het. Doen dit tog ook in ons tyd, laat u dade ook in ons tyd ervaar word, ontferm U selfs in u toorn.