Na hulle pa se dood het Josef se broers gevra: “En as Josef nog steeds 'n grief teen ons het en ons nou gaan terugbetaal vir al die kwaad wat ons hom aangedoen het?” Daarom het hulle 'n boodskap na hom toe gestuur: “Voor sy dood het u vader beveel: ‘Julle moet vir Josef vra om tog die groot misdaad teen hom, die onreg wat julle hom aangedoen het, te vergewe.’ Vergeef ons tog nou die misdaad. Ons dien ook die God van u vader.” Josef het gehuil oor wat hulle vir hom laat weet het. Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê: “Hier is ons voor u. Ons is u slawe.” Maar Josef het hulle geantwoord: “Moenie bang wees nie. Ek is nie God nie. Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het. Moenie bang wees nie. Ek sal sorg dat julle en julle kinders kos het.” Josef het hulle jammer gekry en hulle gerusgestel. Josef het in Egipte gebly, hy en sy hele familie. Hy het honderd en tien jaar oud geword. Hy het die kleinkinders van Efraim gesien, en hy kon nog die kinders van Manasse se seun Makir as sy eie aanneem. Josef het vir sy broers gesê: “Na my dood sal God na julle omsien en Hy sal julle uit hierdie land uit laat trek na die land toe wat Hy met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob.” Josef het die seuns van Israel met 'n eed laat beloof: “Wanneer God na julle omsien en julle laat trek, moet julle my liggaam van hier af saamvat.” Josef is dood toe hy honderd en tien jaar oud was. Hulle het hom gebalsem en hom daar in Egipte in 'n kis gesit.
Lees GENESIS 50
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 50:15-26
6 Days
In this small group study Dr. Tony Evans uses the epic faith, life, and career of Joseph to teach that God is more interested in your development than your arrival. Like Joseph, a kidnapped and enslaved boy who grew up to save an empire, the obstacles and obstructions in your life can lead to real accomplishments. Granted, detours are anything but convenient. They take you out of the way. They are longer than you originally had planned to travel. But they are necessary. God allows detours in your life because He cares more for your character than your comfort, more for your purity than your productivity. He cares about your destiny!
7 Days
Whether we suffer emotional or physical wounds, forgiveness is the cornerstone of the Christian life. Jesus Christ experience all kinds of unfair and unjust treatment, even to the point of a wrongful death. Yet in his final hour, he forgave the mocking thief on the other cross and his executioners.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's