GENESIS 30:20-24

GENESIS 30:20-24 AFR83

Toe sê sy: “God het hierdie keer 'n mooi geskenk aan my gegee. Nou sal my man by my bly, want ek het ses seuns vir hom in die wêreld gebring.” Toe noem sy die seun Sebulon . Daarna het sy 'n dogter in die wêreld gebring en haar Dina genoem. God het op Ragel ag geslaan en haar gebed verhoor. Hy het haar nie langer kinderloos gelaat nie. Sy het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en toe sê sy: “God het my skande weggeneem.” Toe noem sy die seun Josef , “want,” het sy gesê, “die Here sal my nog 'n seun gee.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor GENESIS 30:20-24

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid