Abram het toe in die Here geglo, en die Here het dit goedgevind dat Abram so volgens die wil van die Here gehandel het. Hy het vir Abram gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs laat wegtrek het om hierdie land aan jou te gee as jou besitting.” Maar Abram vra: “Hoe sal ek weet dat ek dit sal besit, Here my God?” Toe beveel die Here hom: “Bring vir My 'n vers, 'n bok en 'n skaapram, almal drie jaar oud, en 'n tortelduif en 'n jong duif.” Abram het dit alles vir die Here gebring en dit middeldeur gesny. Hy het elke helfte teenoor die ander helfte neergesit. Die voëls het hy nie verdeel nie. Die roofvoëls het op die karkasse begin toesak, maar Abram het hulle weggejaag. Teen sononder het 'n diep slaap Abram oorval; angs, 'n groot donkerte het hom oorweldig. Toe sê die Here vir Abram: “Weet beslis dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in 'n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank. Maar Ek sal die nasie straf wat van jou nageslag slawe maak, en dan sal hulle met baie besittings wegtrek. Jy sal in vrede sterf en op 'n hoë ouderdom begrawe word. Die vierde geslag ná jou sal hiernatoe terugkom. Dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het.” Toe die son ondergegaan het en dit donker was, gaan daar skielik 'n oond wat rook en 'n fakkel wat brand, tussen die stukke vleis deur. Op daardie dag het die Here 'n verbond gesluit met Abram en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van Egiptespruit af tot by die Eufraat, die groot rivier; die land van die Keniete, die Kenissiete en die Kadmoniete
Lees GENESIS 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 15:6-19
6 Dae
Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.
7 dae
As jy skepties is oor Ou-Testamentiese stories wat soos feëverhale klink, of vasgeval het in die reëls wat saam met godsdienstigheid kom, is hier goeie nuus: om Jesus te volg vereis geloof, maar nie die geloof in `n boek, `n stel reëls, of selfs `n spesifieke godsdienstige sisteem nie. Hierdie plan bied `n beginpunt vir geloof wat uiteindelik iets – of meer spesifiek Iemand – is waarin jy kan glo.
7 Days
Whether you’ve messed up a little or a lot by human standards, you’re a prime candidate to be used by God. In this 7-day Plan, we’ll learn about six individuals from the Bible whom God used despite where they came from, what their capabilities were, or how colossal their mistakes were.
There are times we have a promise from God, but we don’t see our life lining up with the promise God has given us. Or there are times we reach a crossroads in our life, relying on God to speak direction into our lives, and we only hear silence. This 7-day devotional will speak to your heart about how to move in God’s Will when God seems to be quiet.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's