Hier volg die familiegeskiedenis van Tera. Tera het die vader geword van Abram, Nahor en Haran, en Haran het die vader geword van Lot. Haran het in Ur van die Galdeërs, sy geboorteland, gesterf toe sy vader Tera nog geleef het. Abram het getrou en Nahor ook: Abram se vrou se naam was Sarai en dié van Nahor se vrou was Milka, 'n dogter van Haran wat nie net die vader van Milka was nie, maar ook van Jiska. Sarai was onvrugbaar; sy het nie kinders gehad nie. Tera het sy seun Abram geneem en ook sy kleinseun Lot seun van Haran, en sy skoondogter Sarai die vrou van sy seun Abram, en saam met hulle uit Ur van die Galdeërs weggetrek om na Kanaän toe te gaan. Maar hulle het net tot by Haran getrek en in dié stad gaan woon. Tera was twee honderd en vyf jaar oud toe hy in Haran gesterf het.
Lees GENESIS 11
Deel
Vergelyk alle weergawes: GENESIS 11:27-32
7 Days
Whether you’ve messed up a little or a lot by human standards, you’re a prime candidate to be used by God. In this 7-day Plan, we’ll learn about six individuals from the Bible whom God used despite where they came from, what their capabilities were, or how colossal their mistakes were.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's