Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur. Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan. Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam? Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid. 'n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg. Ons band met die Here gee my die vertroue dat julle net so sal dink soos ek. Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf. Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat 'n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim. Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman!
Lees GALASIËRS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: GALASIËRS 5:2-12
7 Days
Kids feel more pressure now than ever before, feeling the constant need to accomplish and prove themselves. Anxiety is hitting kids at very young ages, and we want to help parents embed this biblical truth in their hearts: Christ’s love and acceptance allow us to live a life of joy and freedom. This devotional is based on the kids book, The Quokkas, the Snails, and the Land of Happiness.
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
28 Days
This reading guide was created by NewSpring staff and volunteers to help you on your financial journey. Read one devotional each day and spend time with God using the Scripture, questions and prayers provided. Need help putting God first in your finances? Download free monthly and/or weekly budget forms, watch sermons, and be encouraged by success stories at www.newspring.cc/financialplanning
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's