Kom ek sê reguit vir julle wat ek bedoel. As een van julle julle laat besny, maak julle ’n bespotting van die nuwe vryheid wat Christus aan julle gegee het. Dan kan julle maar net sowel ophou om in Hom te glo. Dan moet julle ook weer die wet gehoorsaam. Julle wat besluit het om al hierdie godsdienstige reëls en wette te hou om in die regte verhouding met God te wees, sny julle heeltemal van Christus af. Julle het buite die kragveld van sy genade beland. Aan die ander kant, ons wat glo, het ’n wonderlike vooruitsig. Omdat die Gees by ons is, weet ons dat ons op pad is na God se nuwe wêreld. Hy sal sorg dat ons saak met God reg is wanneer ons eendag voor Hom moet gaan staan. As ons in Christus glo, maak dit glad nie saak of ons die teken van die besnydenis aan ons liggaam dra of nie, want dit tel glad nie meer by God nie. Dit is uit die mode; ou nuus. Al wat nou saak maak, is geloof, daardie soort geloof wat maak dat ons ander mense met alles in ons liefhet. Tot dusver het julle baie goed gevorder op die pad van die geloof. Soos goeie atlete het julle voluit gehardloop. Wie het nou vir julle kom sê om anders te lewe? Beslis nie God nie. As julle op hierdie verkeerde pad aanhou loop, gaan julle later die hele kerk saam met julle in die gemors insleep. Onthou, ’n klein bietjie suurdeeg maak immers ’n groot stuk deeg suur. Maar voordat julle dink ek het julle heeltemal afgeskryf, wil ek darem net sê: ek is nie te mismoedig oor julle nie. In vertroue op die Here weet ek dat julle nie op sleeptou geneem sal word deur verkeerde leringe nie. Maar daardie persoon wat julle kop so deurmekaar kom krap het, wie hy ook al is, speel met vuur. God se oordeel wag op hom. My liewe broers en susters, daar by julle word ’n storie versprei dat ek sou gesê het dat gelowiges nog steeds besny moet word. Dit is ’n leuen. Ek sou mos nooit soveel teëstand ervaar het as ek dit gesê het nie. My prediking oor die kruis sou dan nie so ’n groot probleem vir my opponente gewees het nie. Dit lyk vir my diegene wat sê Christene moet besny word, het julle kop behoorlik deurmekaargemaak. Ek wens daardie spul se mes gly ’n slag sodat hulle hulleself ontman. Dan het hulle iets anders om hulle oor te bekommer.
Lees Galasiërs 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: Galasiërs 5:2-12
7 Days
Kids feel more pressure now than ever before, feeling the constant need to accomplish and prove themselves. Anxiety is hitting kids at very young ages, and we want to help parents embed this biblical truth in their hearts: Christ’s love and acceptance allow us to live a life of joy and freedom. This devotional is based on the kids book, The Quokkas, the Snails, and the Land of Happiness.
21 dae
"Deur geloof alleen" word ons gered, nie deur enigiets wat ons doen om die gawe van verlossing te verdien nie - dit is die duidelike en direkte boodskap van die brief aan die Galasiërs. Reis daagliks deur Galasiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
28 Days
This reading guide was created by NewSpring staff and volunteers to help you on your financial journey. Read one devotional each day and spend time with God using the Scripture, questions and prayers provided. Need help putting God first in your finances? Download free monthly and/or weekly budget forms, watch sermons, and be encouraged by success stories at www.newspring.cc/financialplanning
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's