EKSODUS 11:4, 5, 6
EKSODUS 11:4 AFR83
Toe sê Moses vir die farao: “So sê die Here: Teen middernag sal Ek deur Egipte gaan
EKSODUS 11:5 AFR83
en elke eersgeborene in Egipte sal sterwe, van die kroonprins af, die eersgeborene van die farao, tot by die eersgeborene van die slavin wat koring maal, ja, selfs al die eerstelinge van die diere.
EKSODUS 11:6 AFR83
In die hele Egipte sal daar so gehuil en gerou word soos nog nooit tevore nie en ook nie later nie.





