AMOS 5:18-27

AMOS 5:18-27 AFR83

Ellende wag vir dié wat smag na die dag van die Here! Waarom verlang julle na die dag van die Here? Dit sal donker bring, nie lig nie; dit sal wees soos wanneer iemand vir 'n leeu vlug en 'n beer val hom aan, of soos wanneer iemand tuiskom en hy leun met sy hand teen die muur en 'n slang pik hom. Die dag van die Here bring donker, nie lig nie, net duisternis, nie 'n ligstraal nie. Ek haat, Ek verafsku julle feeste, Ek het niks aan julle feestye nie. Al bring julle vir My brandoffers en graanoffers, dit is nie vir My aanneemlik nie, en Ek kyk nie eens na julle maaltydoffers van vetgevoerde kalwers nie. Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos 'n standhoudende stroom. Moes julle vir My die veertig jaar in die woestyn diereoffers en graanoffers bring, Israel? Julle sal julle koning Sikkut en julle afgodsbeeld Kijun, dié stergode wat julle vir julle gemaak het, moet dra wanneer Ek julle in ballingskap laat wegvoer ver by Damaskus verby, sê die Here. Sy Naam is Almagtige God.

Gratis leesplanne en oordenkings oor AMOS 5:18-27

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid