Van Milete af het Paulus 'n boodskap na Efese toe gestuur om die ouderlinge van die gemeente te laat roep. Toe hulle by hom kom, sê hy vir hulle: “Julle weet hoe ek die hele tyd, van die eerste dag af dat ek in die provinsie Asië gekom het, onder julle geleef het; hoe ek die Here in alle nederigheid gedien het te midde van droefheid weens die vervolginge wat ek deur die komplotte van die Jode moes verduur. Julle weet dat ek niks teruggehou het wat vir julle voordelig kon wees nie, toe ek by julle in die openbaar gepreek en julle in julle huise onderrig het. Ek het sowel die Jode as die Grieke ernstig vermaan om hulle tot God te bekeer en in ons Here Jesus te glo. “En nou gaan ek Jerusalem toe, daartoe gedring deur die Gees. Wat dáár met my sal gebeur, weet ek nie. Ek weet dat die Heilige Gees my in elke stad verseker dat gevangenskap en vervolging op my wag. Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak: dit is om die evangelie van God se genade te verkondig. “Ek het onder julle almal rondgegaan en die koninkryk van God verkondig, maar nou weet ek dat julle my nie weer sal sien nie.
Lees HANDELINGE 20
Deel
Vergelyk alle weergawes: HANDELINGE 20:17-25
10 Dae
As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's