HANDELINGE 14:4-7

HANDELINGE 14:4-7 AFR83

Die inwoners van die stad was verdeeld, party vir die Jode en party vir die apostels. Die heidene en die Jode saam met hulle leiers het egter oproerig begin word en wou hulle aanrand en stenig. Toe die apostels dit agterkom, het hulle na Listra en Derbe en omgewing gevlug. Dit was twee stede in Likaonië. Daar het hulle toe die evangelie verkondig.