Elisa is terug Gilgal toe. Daar was in dié tyd 'n hongersnood in die land. Terwyl die profete aan sy voete gesit het, sê hy vir sy slaaf: “Sit 'n groot pot op die vuur en kook 'n bredie vir die profete.” Een van hulle is veld toe om te gaan kruie pluk. Hy het op wilde ranke afgekom en wildekomkommers daarvan afgepluk tot sy sakke vol was. Hy het dit in die pot met bredie gaan insny sonder om te weet wat dit regtig was. Hulle het met ete vir die manne van die bredie opgeskep, maar net toe hulle dit proe, roep hulle uit: “Man van God, daar is gif in die kos!” Hulle kon dit nie eet nie. Elisa het gesê: “Bring 'n bietjie meel.” Hy het dit in die pot gegooi en gesê: “Skep op vir die mense dat hulle kan eet.” Die kos in die pot was toe nie meer giftig nie. Daar het 'n man uit Baäl-Salisa aangekom wat vir die man van God brood gebring het, twintig garsbrode gebak met meel van die nuwe oes, en ook vars koringare. Elisa het gesê: “Gee dit vir die mense om te eet.” Maar sy slaaf het beswaar gemaak: “Hoe kan ek die bietjie kos aan 'n honderd man voorsit?” Maar Elisa het weer gesê: “Gee dit vir die mense om te eet, want so sê die Here: Hulle sal eet en nog oorhou.” Die slaaf het dit vir hulle voorgesit. Hulle het geëet en oorgehou, net soos die Here gesê het.
Lees 2 KONINGS 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KONINGS 4:38-44
7 Days
John's gospel can be broken into four parts: an Introduction (John 1:-1:18), the Book of signs (1:19-12:50), the Book of exaltation (13:1-20:31) and an Epilogue (chapter 21). In this Seven Day study we will study the 7 “Signs” of Jesus, and the 7 “I AM" statements of Jesus, to demonstrate that John structured his book in a way that helps the reader see that Jesus fulfills the ministry of Elisha.
13 Days
Elisha is one of the most fascinating people found in God’s word. He was a prophet whose faith and miracles seem almost ridiculous. During this 13-day reading plan you will read through the life of Elisha and learn from his example of what life can look like when you let go and decide to live with ridiculous faith.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's