Elisa is toe terug Gilgal toe. Daar was in dié tyd ’n hongersnood in daardie omgewing. Die dorp se profetegroep het by Elisa vergader. Hy het vir Gehasi gesê: “Sit ’n groot pot op die vuur en maak ’n bredie vir ons om te eet.” Een van die manne het uitgegaan veld toe om te help kruie pluk vir die bredie. Hy het op ’n wilde rankplant met vrugte afgekom en ’n klomp daarvan gepluk. Hy het die vrugte in die bredie ingesny sonder dat hy geweet het wat dit was. Toe die bredie gaar was, het hulle begin inskep. Maar toe hulle dit proe, het hulle uitgeroep: “Man van God! Dié kos is giftig!” en geweier om verder te eet. Elisa het gesê: “Bring vir my ’n bietjie meel.” Hy het dit in die pot gegooi en gesê: “Nou is dit reg. Julle kan maar inskep,” en niemand het iets daarvan oorgekom nie. ’n Man uit Baäl-Salisa het by Elisa aangekom met twintig garsbrode en ’n sak graan. Dit het uit die eerste deel van sy oes gekom. Elisa het gesê: “Deel dit aan ons mense uit, dat hulle kan eet.” Sy assistent kon dit nie glo nie. “Hoe moet ek hiermee vir 100 mense kos gee? Dis heeltemal te min!” het hy gevra. Elisa het geantwoord: “Deel jy dit maar net uit. Die Here het gesê hulle sal genoeg hê om te eet en daar sal nog oorbly ook.” Dit is presies wat toe gebeur het. Almal het geëet en daar het nog kos oorgebly, net soos die Here gesê het.
Lees 2 Konings 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Konings 4:38-44
7 Days
John's gospel can be broken into four parts: an Introduction (John 1:-1:18), the Book of signs (1:19-12:50), the Book of exaltation (13:1-20:31) and an Epilogue (chapter 21). In this Seven Day study we will study the 7 “Signs” of Jesus, and the 7 “I AM" statements of Jesus, to demonstrate that John structured his book in a way that helps the reader see that Jesus fulfills the ministry of Elisha.
13 Days
Elisha is one of the most fascinating people found in God’s word. He was a prophet whose faith and miracles seem almost ridiculous. During this 13-day reading plan you will read through the life of Elisha and learn from his example of what life can look like when you let go and decide to live with ridiculous faith.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's