2 KONINGS 13:20-21
2 KONINGS 13:20-21 AFR83
Toe het Elisa gesterf, en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het elke jaar die land binnegeval. Toe mense op 'n keer besig was om iemand te begrawe, sien hulle skielik so 'n bende. Hulle het die man se lyk in Elisa se graf gegooi. Toe die lyk aan Elisa se bene raak, het die man lewend geword en regop gaan staan.



