2 KONINGS 13:20-21 - Compare All Versions
2 KONINGS 13:20-21 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe het Elisa gesterf, en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het elke jaar die land binnegeval. Toe mense op 'n keer besig was om iemand te begrawe, sien hulle skielik so 'n bende. Hulle het die man se lyk in Elisa se graf gegooi. Toe die lyk aan Elisa se bene raak, het die man lewend geword en regop gaan staan.
2 KONINGS 13:20-21 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Daarna het Elísa gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land ingekom met die ingang van die jaar. En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, sien hulle meteens die bende; daarom het hulle die man in die graf van Elísa gegooi; en toe die man met die gebeente van Elísa in aanraking kom, het hy lewendig geword en opgestaan op sy voete.
2 KONINGS 13:20-21 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Daarna het Elisa gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese bendes het elke lente die land binnegeval. Eenkeer was ’n klompie Israeliete besig om ’n man te begrawe toe hulle so ’n bende plunderaars opmerk. Hulle gooi toe die liggaam gou in Elisa se graf. Maar net toe die liggaam Elisa se bene raak, het die dooie man herlewe en regop gestaan!
2 KONINGS 13:20-21 DB (Die Boodskap)
Daarna is Elisa dood en hulle het hom begrawe. Bendes uit Moab het Israel elke lente binnegeval. Eenkeer was ’n klompie Israeliete besig om ’n man te begrawe toe hulle een van die bendes opmerk. Hulle het die lyk toe sommer in Elisa se graf gegooi. Toe sy liggaam aan Elisa se bene raak, het hy lewendig geword en opgestaan!
2 KONINGS 13:20-21 ABA (Bybel vir almal)
Elisa het gesterf, en sy mense het hom begrawe. Omtrent die einde van daardie jaar het groepe Moabiete in die land gekom en hulle het die mense van Israel aangeval. Eendag wou mense iemand gaan begrawe. Hulle sien toe 'n groep Moabiete en hulle gooi die persoon se liggaam in 'n graf, dit was Elisa se graf. Toe die man se liggaam aan Elisa se bene raak, het die man weer begin lewe en hy het regop gaan staan.
2 KONINGS 13:20-21 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elisa het toe gesterf en hulle het hom begrawe. Moabitiese roofbendes het met die aanbreek van die jaar die land binnegeval. Terwyl mense besig was om 'n man te begrawe, sien hulle skielik die bende. Hulle gooi toe die man in die graf van Elisa en gee pad. Toe die man aan Elisa se beendere raak, het hy lewendig geword en regop gaan staan.
2 KONINGS 13:20-21 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Elisa het gesterwe, en hulle het hom begrawe. En die bendes van die Moabiete het die land binnegeval teen die aankoms van die jaar. En terwyl hulle besig was om 'n man te begrawe, kyk, het hulle 'n bende manne bespied; en hulle het die man in die graf van Elísa gegooi.