En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk. Daar staan ook geskrywe: “Hy deel uit en gee aan die armes; hy bly altyd vrygewig.” God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word, want die bediening van hierdie hulpbetoon voorsien nie alleen in die behoeftes van die gelowiges in Judea nie, maar bring ook oorvloedige dankbaarheid teenoor God mee. Deur hierdie duidelike bewys van julle bereidheid om te dien, sal daar baie wees wat aan God eer toebring. Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander. Hulle sal ook vir julle bid en met verlange aan julle dink, omdat die genade van God oor julle so oorvloedig was. Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe.
Lees 2 KORINTIËRS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KORINTIËRS 9:8-15
4 Days
When you gave your life to God, you accepted the most generous gift of all. This four-day Bible Plan from Life.Church will help you discover the only rational response. Start reading part four of the six-part Stay Positive series.
Do you long for a deeper, more meaningful Christmas celebration? This year, rediscover the gifts of HOPE, PEACE, JOY, and LOVE that God extends to all of us during this busy season. Rediscovering Christmas in the Chaos explores these Advent themes through scripture and readings meant to prepare us to step away from the craziness of the holiday season and truly celebrate Jesus’ birth!
5 dae
As kinders van God, is ons vry om vrygewig te wees. In hierdie leesplan oor vyf dae verduidelik Chip Ingram hoe ons God se roeping vir ons kan vervul deur vrygewigheid te verstaan en te leer waarom dit goed is vir ons. Ons kyk na God se model van gee en hoe Hy ons wil seën wanneer ons deur ons lewens uitdrukking gee aan sy vrygewige hart.
5 Days
We serve a generous God who promises to provide for our every need. Even though He doesn’t grant wishes, He does still work miracles. God delights in giving us gifts because He cares deeply about us, even down to the smallest detail. This 5-day plan will explore stories of God’s provision, build your faith, and encourage you to put God first in your finances.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's