Al het ek julle ook deur my brief hartseer gemaak, is ek nou nie daaroor jammer nie. Miskien was ek tog jammer toe ek sien dat daardie brief julle hartseer gemaak het, al was dit net vir 'n kort rukkie. Nou is ek egter bly, nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat ek julle so hartseer gemaak het dat julle tot inkeer gekom het. Julle was immers hartseer soos God dit wou hê. Ons het julle dus in geen opsig benadeel nie, want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. Kyk net wat die ervaring van droefheid volgens die wil van God aan julle gedoen het. Nou is daar by julle erns; meer nog, daar is verantwoording, verontwaardiging, ontsag, verlange, ywer en bestraffing van die kwaad. In elke opsig het julle bewys dat julle in hierdie saak onskuldig is.
Lees 2 KORINTIËRS 7
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KORINTIËRS 7:8-11
5 Days
This is not a plan to beat you up, tell you to double down on your efforts, and just get your act together. The Porn Free plan will lovingly take you by the hand, meet you where you are, and lead you with both grace and truth into freedom.
13 Days
How can we learn to live like Jesus if we don’t first love like Him? Read along with Life.Church staff and spouses as they retell the experiences and Scriptures that inspire them to fully live and Love Like Jesus.
18 dae
Die vreugdes van verhoudings binne die liggaam van Christus word uitgelig in die tweede brief aan die Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit die woord van God lees. Reis daagliks deur 2 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
18 Dae
Die apostel Paulus sê vir sy lesers: “Ons moet deur baie ontberings heen in die koninkryk van God ingaan” (Handelinge 14:22). Deur die boek Handelinge te lees of getuienisse van Christene regoor die wêreld te hoor, besef ons dat hierdie woorde waar is. Gelowiges staar teenstand en vervolging in die gesig. Miskien ervaar jy self beproewing. In hierdie leesplan wil ons jou bemoedig en jou leer hoe om beproewing te hanteer.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's