Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, en van die broer Timoteus. Aan die gemeente van God in Korinte en aan almal wat aan die Here behoort in die hele Agaje. Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons 'n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons 'n oorvloed van bemoediging deur Christus. As ons dus in beproewing kom, is dit dat julle bemoedig en gered kan word. As ons bemoedig word, is dit om julle te bemoedig en te versterk, sodat julle met geduld dieselfde lyding kan verduur wat ons ook verduur. En wat julle betref, het ons 'n vaste verwagting: ons weet dat net soos julle saam met ons deel het aan die lyding, julle ook aan die bemoediging deel het.
Lees 2 KORINTIËRS 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 KORINTIËRS 1:1-7
5 Days
In this journey through the Book of 2 Corinthians, All Things New explores Paul's theology of adventurous faith in this world and God's call for us to be bold. Kelly Minter helps us understand how the Christian walk may seem contrary to our natural tendencies, but it proves to be infinitely and eternally better. In this 5-day reading plan, you'll explore issues such as: how to deal with difficult relationships, trusting God with your reputation, grounding your identity in Christ, understanding the purpose of suffering and God's provision in it, and how we are to be gospel lights in the world.
18 dae
Die vreugdes van verhoudings binne die liggaam van Christus word uitgelig in die tweede brief aan die Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit die woord van God lees. Reis daagliks deur 2 Korintiërs terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
20 Days
It is our hope and prayer that the devotionals that follow will warm your heart and lift your spirit as they lead you to lean on the Lord, our Shepherd and our Guide through the valley of grief.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's