Versorg die weduwees wat werklik alleen agtergelaat is. Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, moet die kinders leer om as gelowiges allereers hulle verpligtinge teenoor hulle eie familie na te kom en so hulle ouers en grootouers iets te vergoed. Dit is volgens die wil van God. 'n Weduwee wat alleen agtergelaat is en niemand het om vir haar te sorg nie, vestig haar hoop volkome op God en volhard dag en nag met smeking en gebede. Maar 'n weduwee wat uitspattig lewe, is dood, al leef sy nog. Skerp ook hierdie dinge in, sodat almal onberispelik kan wees. As iemand nie vir sy eie mense en veral nie vir sy huisgesin sorg nie, het hy die geloof verloën en is hy slegter as 'n ongelowige. 'n Weduwee kan op die lys van dienende weduwees kom as sy minstens sestig jaar oud is en aan haar man getrou was. Sy moet bekend wees om haar goeie dade, naamlik dat sy haar kinders goed opgevoed het, vreemdelinge gehuisves het, die voete van die gelowiges gewas het, die verdruktes gehelp het en goed gedoen het waar sy kon. Jonger weduwees moet jy nie in die lys opneem nie. Hulle liggaamlike begeertes kan hulle daartoe bring om hulle af te wend van Christus af en weer te wil trou. Dan is hulle daaraan skuldig dat hulle hulle vroeëre belofte aan Hom verbreek het. Buitendien leer hulle om hulle tyd te verkwis deur net van die een huis na die ander rond te kuier. Hulle is nie net ledig nie, maar ook bemoeisiek en praatsiek, en hulle praat oor dinge waaroor nie gepraat moet word nie. Daarom verkies ek dat die jonger weduwees weer trou, kinders kry, hulle huise versorg en geen teenstander aanleiding gee om kwaad te praat van ons nie. Daar is reeds party wat agter die Satan aan afgewyk het. As 'n gelowige vrou weduwees in haar familie het, moet sy vir hulle sorg. Sy moet nie die las op die gemeente lê nie, sodat die gemeente die weduwees kan help wat alleen agtergelaat is.
Lees 1 TIMOTEUS 5
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 TIMOTEUS 5:3-16
7 Araw
Ang isa sa mga pinaka-karaniwang problema sa mabilis na lipunan na ating tinitirhan ay kung paano magkakaroon ng balanse sa pagitan ng personal, pampamilya at propesyonal na buhay kung saan nais nating magwagi sa lahat ng mga aspeto na ito. Ito ay kadalasang lumilikha ng tensyon, hindi kailangang stress na nagreresulta sa pagkakaroon ng hindi malusog, at puno ng stress na trabaho at nagdudulot sa atin upang hindi maging produktibo. Ang paggamit ng propyetaryong 7F's Well-Being Model ay makatutulong sa atin upang isaayos ang ating buhay upang mapamahalaan ito nang mabuti at maging mga manggagawa at mapahusay ang ating mga relasyon sa pamilya.
15 Dae
Die eerste brief aan Timoteus verskaf praktiese aanduidings dat iemand verander is deur die evangelie-ware tekens van godsaligheid. Reis daagliks deur 1 Timoteus terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's