Die volgende môre het Elkana-hulle vroeg opgestaan, die Here aanbid en teruggegaan huis toe. Nadat hulle tuis gekom het in Rama, het Elkana gemeenskap gehad met sy vrou Hanna, en die Here het aan haar gedink. By die wisseling van die jaar was Hanna swanger. Sy het 'n seun in die wêreld gebring en uitgeroep: “Sy naam is Samuel: van die Here het ek hom afgesmeek!” Toe Elkana en sy hele gesin gaan om die jaarlikse offer aan die Here te bring en sy gelofte te betaal, het Hanna nie saamgegaan nie, want sy het vir haar man gesê: “Wanneer die seun gespeen is, sal ek hom wegbring dat hy voor die Here verskyn en altyd daar bly.” Haar man Elkana het vir haar gesê: “Maak soos jy dit goedvind. Bly totdat jy hom gespeen het. Mag die Here sy woord bevestig!” Hanna het toe gebly en haar kind gevoed totdat sy hom gespeen het. Toe sy hom gespeen het, het sy hom saamgeneem, en ook 'n driejaaroud bul , sestien kilogram meel en 'n kruik wyn. Sy het hom as klein seuntjie weggebring na die huis van die Here toe in Silo. Elkana-hulle het die bul geslag en die seun na Eli toe gebring, en Hanna het gesê: “Ekskuus, Meneer, u sal my nie glo nie, maar, Meneer, ék is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die Here te bid. Om hierdie seun het ek gebid, en die Here het aan my gegee wat ek van Hom afgesmeek het. Ja, van die Here het ek hierdie kind afgesmeek, en nou sal hy sy lewe lank iemand wees wat van die Here afgesmeek is.” Toe het hulle die Here daar aanbid.
Lees 1 SAMUEL 1
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 SAMUEL 1:19-28
5 dae
Spanning veroorsaak soveel probleme in ons samelewing - swak geestelike en liggaamlike gesondheid, gebroke verhoudings en ‘n onvervulde lewe. Dit is 'n enorme probleem en 'n groot uitdaging, maar dit is nie onoorkomelik nie. God het ons in sy wysheid deur sy lewegewende Woord duidelike leiding gegee oor hoe ons stres kan oorkom.
7 Days
Discover modern day life applications from the stories of women in the Old Testament.
Whether you’re experiencing the loss of a friendship, a broken dream, or a breakup—experiencing heartbreak can be confusing and challenging. In this 7-Day Bible Plan, you’ll learn how to tend to your broken heart God’s way.
8 days
Are you experiencing the pain and grief of pregnancy loss? Let's walk together through the many emotions, ask the hard questions, and seek Biblical answers. God's inconceivable redemption is not only possible in the darkest moments, but most evident and surprising in them.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's