Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.” Inteendeel, die lede van die liggaam wat as die swakste voorkom, is juis noodsaaklik, en dié wat vir ons minder mooi lyk, klee ons met groter sorg. So word ons minder aansienlike dele besonder mooi gemaak, terwyl die aantreklike dele dit nie nodig het nie. God het die liggaam so saamgestel dat Hy groter eer gegee het aan die lid wat eer kortkom, sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen 'n lid daarvan. En in die kerk is daar mense aan wie God 'n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê? Lê julle toe op die beste genadegawes.
Lees 1 KORINTIËRS 12
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 KORINTIËRS 12:21-31
5 Days
Do you sometimes feel like you’ve lost yourself or seem to carry labels that don’t quite fit you? Perhaps you’re struggling to find the real “you” to embrace. This reading plan is a journey through Scripture on how to shred the labels and be one hundred percent you. Start today and learn to embrace your identity!
How do you faithfully follow Jesus in a divided world? In a world where every issue has become a battle between “us” and “them,” it is more important than ever to remember that no matter what, Jesus is still on the throne. Learn how to respond to an increasingly divided world as a disciple of Jesus.
5 dae
Waarop fokus jy? Dit waarop jy jou aandag vestig, is die rigting wat jou lewe gaan. Jesus daag elkeen van ons uit om ons aandag te vestig op dit wat werklik belangrik is. "Waarop fokus jy?" is 'n 5-dag leesplan waarin ons na vyf baie belangrike aspekte kyk waarop God ons elkeen roep om op te fokus!
6 Days
The Bible is full of people to emulate, not all of them “able-bodied.” Representation is important, and God gets that! If you or someone you love lives with a disability or difference, this Bible Plan may help you see the way God has chosen to use differences of every kind to accomplish His will. Read on to learn from five different and disabled people in the Bible.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's