Openbaring 21:4-5
Openbaring 21:4-5 DB
As daar trane oor hulle wange loop, sal God self dit afdroog. Niemand sal meer daar doodgaan nie. Niemand sal hartseer wees of pyn ken nie. Hierdie slegte dinge van voorheen sal vir ewig en altyd verby wees.” Die Een wat op die troon sit, sê toe: “Kyk mooi, Ek maak alles nuut!” Verder sê Hy: “Skryf dit neer. Hierdie woorde kan mense maar glo, want dit is waar! Wat Ek gesê het, het gebeur.








