Psalms 50:7-10

Psalms 50:7-10 DB

“My mense, luister. Ek wil vir julle sê wat Ek teen julle het. Ek getuig teen julle. Ek is God, julle God. Ek is nie ongelukkig omdat julle nie vir My geskenke bring nie. Ek onthou altyd julle offers. Dis nie daaroor dat Ek rekenskap van julle eis nie. Ek het nie julle bokke of beeste nodig wat julle so offer nie. Alles behoort in elk geval aan My. Daar is duisende wilde diere wat Myne is. Ja, al die beeste wat jy op die berge sien wei, behoort aan My.