Psalms 50:7-10

Psalms 50:7-10 AFR20

“Luister tog, my volk, Ek wil my saak stel, Israel, Ek wil teen jou getuig: God, jou God, is Ek. Dit is nie oor jou offers wat Ek jou wil teregwys nie; jou •brandoffers is altyd voor My. Ek sal nie uit jou stal 'n bul vat, bokramme uit jou krale nie, want aan My behoort al die wild in die bos, die diere op 'n duisend berge.