Dit is nie ons mense wat eer moet kry nie, Here! Ek wil dit herhaal: Nie ons nie, maar U alleen verdien eer. U het u kinders baie lief. U laat hulle nooit in die steek nie. Ek kan dit nie verstaan nie. Waarom spot mense wat ander gode dien met ons wanneer hulle sê: “Waar is hulle God dan?” Ons God bly bo in die hemel. Hy doen alles wat Hy wil. Daardie mense dien dooie gode. Dit kan geld wees of ander goed wat kosbaar lyk. Dit is alles dinge wat mense fabriseer. Dit beteken net mooi niks. Dit lyk of hulle kan praat, maar hulle maak geen geluid nie. Verder lyk dit of hulle kan sien, maar hulle is stokblind. Ook lyk dit of hulle kan hoor, maar hulle reageer op geen geluid nie. Daar is ’n nagemaakte neus wat nie kan ruik nie. Hulle hande kan niks raak vat nie. Met hulle voete kan hulle nie ’n tree loop nie. Hulle is stom soos ’n klomp dooie klippe. Mense wat sulke dooie gode maak om te aanbid, is net so hopeloos soos hulle handewerk. Hulle glo eintlik aan niks en het niks om op te vertrou nie. Kinders van die Here, julle moet op Hom vertrou! Hy help en beskerm sy kinders. Julle wat in die huis van God die Here dien en aanbid, vertrou op Hom! Hy help en beskerm sy kinders. Julle wat die Here dien, vertrou op Hom! Hy help julle en Hy beskerm julle. Die Here dink aan ons: Hy gee vir ons goeie dinge. Hy laat dit goed gaan met sy kinders wat Hom dien. Hy gee goeie dinge aan almal wat Hom dien en aanbid, klein en groot. Die Here sal vir julle ’n baie groot nageslag gee en julle baie maak. Hy wat alles in die wêreld gemaak het, sal julle baie gelukkig maak. Onthou net: Die Here bly in die hemelse wêreld. Die mens se blyplek is op die aarde! Daar is ’n groot verskil tussen Hom en mense. As jy dood is, kan nie jy of enige ander dooie mens die Here prys nie. Dan is jy nie meer daar om dit te doen nie. Maar ons wat lewe, sal die Here loof. Ons sal nou begin en vir altyd aanhou. Kom prys die Here!
Lees Psalms 115
Deel
Vergelyk alle weergawes: Psalms 115:1-18
4 Days
Have you ever wanted to get inside the mind of a pastor? Well, here’s your chance! The founding and senior pastor of Life.Church, Craig Groeschel, gives us an inside look at his daily routine as he reads through the last four verses he highlighted in his Bible. Allow your mind to be renewed as you read these Scriptures along with him, and find out why he chose to highlight them in the first place.
7 Days
The Dove Award winning Christian Rock band Building 429 has teamed up with The Overflow Devo to construct a 7-day Reading Plan on YouVersion. In this devotional, lead singer Jason Roy discusses the scriptural origins and personal experiences that inspired the lyrics from several songs of their new album, “We Won’t Be Shaken.”
15 Days
Over the course of 15 days, Paul David Tripp will remind you of God’s grace towards you—truths that never grow old. When “behavior modification” or feel-good aphorisms aren’t enough to make you new, learn to trust in God’s goodness, rely on His grace, and live for His glory each and every day.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's