Moenie dink jy weet altyd die beste nie. Begin eerder elke dag weer van voor af om die Here lief te hê. En los tog al die slegte en verkeerde dinge. Vertel die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ’n lewenshouding sal jou baie gelukkig maak. Dit sal selfs vir jou liggaam wonders doen. Jy sal gesond voel en vol krag wees. Dien die Here met jou talente. Gee aan die Here ook ’n goeie deel van jou geld. Dan sal jy meer as genoeg hê om van te leef. Jou lewe sal vol vreugde wees. Soms ervaar jy hartseer en teleurstelling. Soms is jy kwaad vir die Here. Moet Hom egter nooit in jou woede vloek of verwyt nie. Soos ’n goeie pa soms met sy geliefde seun raas, so maak die Here ook met ons. Hy raas met ons omdat Hy ons so baie liefhet. So help Hy ons om met nog groter wysheid en vreugde te leef. Iemand wat elke dag reg leef en met insig optree, se lewe is vol geluk. Die blydskap wat uit ’n wyse lewe straal, is baie kosbaar. Dit is baie meer werd as al die banke se geld en al die myne se goud, baie meer as die allerkosbaarste dinge wat jy graag wil hê. Nog ’n voordeel van ’n wyse manier van leef, is ’n lang lewe vol rykdom en eer. Dit bring baie aangename dinge. Dit bring vrede binne-in jou. Wysheid is soos ’n boom. Wie daaronder skuil, vind vreugde. Wysheid is die belangrikste in die lewe. Selfs God het alles met wysheid geskep. Met wysheid het God die aarde gemaak en die hemele met insig aanmekaargesit. Sy kennis het fonteine uit die dieptes laat opspring en het wolke reën gegee. Jong vriend, daar is twee dinge waarsonder jy in hierdie lewe nie kan klaarkom nie. Een is ’n begeerte om reg te leef. Die ander is om te weet hoe om reg te praat en te doen. Dié twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier. Dan sal jy ook veilig en beskut voel. Wanneer jy gaan slaap, sal jy nie bang wees nie. Jou nagrus sal goed wees. Moenie vir ’n skielike krisis of ramp skrik nie. Dikwels is dit net bedoel vir slegte mense wat nie die Here liefhet nie. Jy weet mos die Here is altyd by jou. Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy sal jou beskerm. Gee om vir die arme. As jy kan, moet jy nooit goed soos geld, klere en kos van die arme weghou nie. Help dadelik. Moenie vir jou naaste sê om liewer môre te kom as jy hom vandag al kan help nie. Bly altyd in ’n goeie verhouding met ander. Moenie kwaad teen jou vriend beplan terwyl hy jou vertrou nie. Moenie stry en baklei nie. Moenie rusie maak met iemand wat jou geen kwaad aangedoen het nie. Moet nooit iets wil hê wat aan ’n slegte mens behoort nie. Moet nooit soos hy word nie. ’n Mens wat liefdeloos teenoor ander optree, is vir die Here ’n gruwel. Met die opregtes is Hy goed bevriend. Met ’n goddelose mens se familie gaan dit sleg, terwyl die Here iemand wat wys leef se huis met voorspoed, geluk en kinders oorlaai. Met hulle wat baie van hulleself dink, spot die Here. Hy lag lekker vir hulle. Hulle wat egter nederig is en uit sy hand leef, het Hy oneindig lief. Wyses ontvang in hierdie lewe eer terwyl dommes verneder word.
Lees Spreuke 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 3:5-35
3 Days
Join actress Letitia Wright in her new 3-day Video Plan, Overcoming, and let her encourage you with the same Scriptures that helped her discover victory and confidence in her identity in Christ.
When your life is out of alignment with God’s Word you will almost certainly experience painful consequences. When your emotions get out of order and start to determine your well-being, you may find yourself locked in self-made prisons from which it can be hard to escape. You need to find a proper balance and learn how to trust in God. Let Tony Evans show you the path to emotional freedom.
4 Days
Trust is a fundamental part of the Christian faith. And your trust grows through encountering God and meditating on His Word. The following verses, when memorized, can help you to trust God in all of your days. Let your life be transformed by memorizing Scripture!
If you’ve experienced a meaningful moment of faith or family, there’s a good chance singer-songwriter Gary LeVox of Rascal Flatts has sung about it. With more than 22 million albums sold and 16 No. 1 singles, these songs have become the soundtrack for many lives. As a result, millions of us are being Changed for the Better.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's