Jong vriend, luister na my raad. Dink mooi oor die alledaagse lewe na. Dink wat jy op die regte oomblik moet sê en wat jy moet doen, wie en wat jy eerder moet vermy. ’n Wyse manier van leef het groot waarde. Baie gelukkige dae, baie opwindende lewensjare, groot blydskap kom daaruit voort. Moet nooit ophou om die Here lief te hê nie. Hou aan om reg te leef! Hierdie spreuke sal jou daarmee help. Bind al die spreuke soos ’n kettinkie om jou nek. Skryf dit in jou hart sodat jy dit nooit vergeet nie. Dan sal die Here die goeie dinge van die lewe vir jou gee. En die mense sal ook van jou hou. Moenie dink jy weet altyd die beste nie. Begin eerder elke dag weer van voor af om die Here lief te hê. En los tog al die slegte en verkeerde dinge. Vertel die Here alles waaroor jy dink, alles wat jy wil doen. Dan sal jy sien hoe Hy jou help. So ’n lewenshouding sal jou baie gelukkig maak. Dit sal selfs vir jou liggaam wonders doen. Jy sal gesond voel en vol krag wees. Dien die Here met jou talente. Gee aan die Here ook ’n goeie deel van jou geld. Dan sal jy meer as genoeg hê om van te leef. Jou lewe sal vol vreugde wees. Soms ervaar jy hartseer en teleurstelling. Soms is jy kwaad vir die Here. Moet Hom egter nooit in jou woede vloek of verwyt nie. Soos ’n goeie pa soms met sy geliefde seun raas, so maak die Here ook met ons. Hy raas met ons omdat Hy ons so baie liefhet. So help Hy ons om met nog groter wysheid en vreugde te leef. Iemand wat elke dag reg leef en met insig optree, se lewe is vol geluk. Die blydskap wat uit ’n wyse lewe straal, is baie kosbaar. Dit is baie meer werd as al die banke se geld en al die myne se goud, baie meer as die allerkosbaarste dinge wat jy graag wil hê. Nog ’n voordeel van ’n wyse manier van leef, is ’n lang lewe vol rykdom en eer. Dit bring baie aangename dinge. Dit bring vrede binne-in jou. Wysheid is soos ’n boom. Wie daaronder skuil, vind vreugde. Wysheid is die belangrikste in die lewe. Selfs God het alles met wysheid geskep. Met wysheid het God die aarde gemaak en die hemele met insig aanmekaargesit. Sy kennis het fonteine uit die dieptes laat opspring en het wolke reën gegee. Jong vriend, daar is twee dinge waarsonder jy in hierdie lewe nie kan klaarkom nie. Een is ’n begeerte om reg te leef. Die ander is om te weet hoe om reg te praat en te doen. Dié twee sal jou gelukkig maak. Hulle sal jou lewe versier. Dan sal jy ook veilig en beskut voel. Wanneer jy gaan slaap, sal jy nie bang wees nie. Jou nagrus sal goed wees. Moenie vir ’n skielike krisis of ramp skrik nie. Dikwels is dit net bedoel vir slegte mense wat nie die Here liefhet nie. Jy weet mos die Here is altyd by jou. Jy kan altyd op Hom vertrou. Hy sal jou beskerm. Gee om vir die arme. As jy kan, moet jy nooit goed soos geld, klere en kos van die arme weghou nie. Help dadelik. Moenie vir jou naaste sê om liewer môre te kom as jy hom vandag al kan help nie. Bly altyd in ’n goeie verhouding met ander. Moenie kwaad teen jou vriend beplan terwyl hy jou vertrou nie. Moenie stry en baklei nie. Moenie rusie maak met iemand wat jou geen kwaad aangedoen het nie. Moet nooit iets wil hê wat aan ’n slegte mens behoort nie. Moet nooit soos hy word nie. ’n Mens wat liefdeloos teenoor ander optree, is vir die Here ’n gruwel. Met die opregtes is Hy goed bevriend. Met ’n goddelose mens se familie gaan dit sleg, terwyl die Here iemand wat wys leef se huis met voorspoed, geluk en kinders oorlaai. Met hulle wat baie van hulleself dink, spot die Here. Hy lag lekker vir hulle. Hulle wat egter nederig is en uit sy hand leef, het Hy oneindig lief. Wyses ontvang in hierdie lewe eer terwyl dommes verneder word.
Lees Spreuke 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Spreuke 3:1-35
7 Days
In our rapidly changing and powerfully challenging world, we need wisdom for living. Our society pulls and pushes us in different directions, and in this turmoil we need a mental compass to guide us in the right way. We need wisdom for right living. This seven-day plan, based mainly on Proverbs, explores this subject as presented by Solomon.
If someone asked you, "What do I need to believe to be a Christian?" what would you say? By using the simple lyrics to a beloved song, "Jesus loves me, this I know, for the Bible tells me so”, a journalist-turned-pastor helps you understand what you believe and why. Bestselling author John S. Dickerson clearly and faithfully explains essential Christian beliefs and powerfully illustrates why these beliefs matter.
12 Days
In this study, we will guide you through a relationship journey that covers the 12 essential ways to have a Love That Lasts.
28 Days
Do you feel overwhelmed, dissatisfied, and stuck in a rut? Wishing your day-to-day life could improve? God's Word is your guide to brighter days. During this 28-day reading plan, you will discover ways you can go from living just a good life to living the type of better life that God desires you to have.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's